Dorpe: Cloud Jovuka – Van aktivis tot leier

2021: Cloud Jovuka in sy restaurant, die Kilimandjaro African Cuisine Restaurant in Nomanthamsanqa op Addo.
Hoor hoe Cloud Jovuka se siening van sake verander het – van woedende aktivis tot ’n man wat luister en lei.
My Mooi Dorp is daarop gemik om dorpe in ons land te help om weer – of vir die eerste keer – model-dorpe te word.
In hierdie program stel Mari Hudson julle voor aan ‘n opbouende leiersfiguur van die Sondagsriviervallei wat eens ‘n opstokende aktivis was.