Dorpe: Ontmoet Sanele en Cloud

My Mooi Dorp is daarop gemik om dorpe in ons land te help om weer – of vir die eerste keer – model-dorpe te word. In hierdie program stel Mari Hudson julle voor aan  twee opbouende leiersfigure van die Sondagsriviervallei wat eens opstokende aktiviste was. En ons deel ook inligting oor die sinvolste manier om as onafhanklike kandidaat te staan in die munisipale verkiesing. Luister Saterdagoggend kort na die 11 uur nuus na My Mooi Dorp op RSG, en kom sit saam met ons die bal aan die rol in jou eie dorp.   Luister en kyk na die vorige episodes: (onderstaande artikels het verdere skakels na vorige episodes en potgooie) Dorpe: Sitrusboere help só Dorpe: Kroonstad se plan vir samewerking en vooruitgang