Dr Susan Vosloo gesels oor kinder-hartoperasies
Soms moet ’n baba wat met ‘n hartdefek gebore word, binne een week geopereer word om die lewetjie te probeer red. Soms word die hartdefek eers ’n jaar later gediagnoseer en dan is dit dikwels ’n tweede hartfout wat tydelik gehelp het dat die kleuter tydelik oorleef. Hartchirurg dr Susan Vosloo vertel hoe ’n chirurg dan ’n tweede en derde hartfout gebruik om ’n relatiewe normale hartfunksie te skep. Ja, ’n hartchirurg moet ook soos ’n ingenieur en fisikus dink om struktuur, kragte, vloei en drukke in ag neem om die hart te laat funksioneer. Luister hier na Gesondheid op RSG, aangebied deur Marí Hudson.
Kopieër en plaas die URL in jou WordPress webwerf om dit in te sluit
Kopieër en voeg kode tot jou webwerf in dit in te sluit