Drie nuwe reekse begin op 6 April
Verskeie nuwe reekse begin op 1 April op RSG.
Op 6 April skop twee nuwe Sondagmusiekreekse en ‘n geloofsreeks af:
14:00 – 14:30 – Allan se stories. Die nuwe Sondagmiddag-musiekreeks is Allan se stories. Dr Allan Dyssel het al ver en wyd gereis in Suid-Afrika en oorsee. Aanvanklik was hy deel van die vermaaklikheidsbedryf in SA, maar hy het gou tot die besef gekom dis slegs ‘n handjievol wat suksesvolle loopbane sou hê. Hy slaan toe ‘n ander rigting in vir stabiliteit en spits sy aandag op farmaseutiese wese.
Vir 13 episodes neem ons graag luisteraars op ‘n reis deur sy lewe met stories en musiek. Die aanbieders is Sue Pyler en Allan Dyssel.
14:30 – 15:00 – Reis op klassiek. Die tweede nuwe Sondagmiddag-musiekreeks neem jou op ‘n reis van noord na suid, oos na wes met die musiek van klassieke komponiste van A tot Y – komponiste van Argentinië tot in Ysland.
Interressante feite oor die land, kos, interressante musiek en inligting oor die komponiste sal te hoor wees. Reis saam met komponiste soos onder andere Argentinië se Astor Piazolla tot Ysland se Johann Johannson. Die samesteller en aanbieder is Tharien Oosthuizen
19:00 – 19:30 – Wat het jy in jou hand? (klik op die skakel vir meer inligting) Die geloofsreeks word aangebied deur Lizelle de Bruin.