Eerste in Afrika: hartritme-defek met nuwe tegnologie behandel
Die eerste geval in Afrika waar ’n pasiënt met revolusionêre nuwe tegnologie behandel is om ‘n hartritme-defek te herstel, is Maandag in die Kaapse Skiereiland gedoen. Die nuwe tegnologie bekend as elektro-porasie is uiters nuut, maar baie opwindend en kan moontlik tot ’n omwenteling in die behandeling van nie net atriale fibrillasie nie, maar alle ander hartritme-defekte lei. Die eerste pasiënt, mnr Robert Reynecke (59) van Proteavallei, het kort na die prosedure, gelimlag. Geen teken van die hartritme-defek is sigbaar nie en kon selfs nie eens met verskeie probeerslae in die teater weer opgewek word nie. Marí Hudson was daar. Luister vandag om 11:30 na Gesondheid op RSG. Mnr Reynecke se hartklop-ritme is nou normale sinus-ritme, het Dr Razeen Gopal, hartritme-spesialis van die Cape Town AF Center by die Panorama Mediclinic in die Kaapse Skiereiland gesê.
Kopieër en plaas die URL in jou WordPress webwerf om dit in te sluit
Kopieër en voeg kode tot jou webwerf in dit in te sluit