‘Ek dink, ek glo’ begin Sondagaand


Waar pas die menslike brein in by jou godsdiensbeoefening? Het dit wel enige funksie of oorheers geloof die brein se analitiese werking? En wat van mense met brein-gestremdhede?

Vanaf Sondagaand, 7 Julie, net ná die sewe-uur nuusflitse, kan jy regstreeks inskakel op ‘n nuwe reeks: Ek dink, ek glo.

Dan gesels Flip Loots met prof. Ignatius Gous oor die werking van die brein en watter impak dit het op mense se geloof, byvoorbeeld in ‘n onsigbare God.

Aspekte soos:
– hoe kan ons die brein gebruik om godsdiens beter te verstaan,
– hoe nuttig is geloof – volgens die brein,
– hoe kan die brein help om orde in die alledaagse te bring, en nog baie meer.

Skakel gerus in en gesels saam per SMS.