“Ek lewe voluit ná my longoorplanting; Tanya wag op ‘n 2e oorplanting”


Anchen van Dyk (29) is die eienaar van ‘n velsorgkliniek in die Noordelike voorstede van Kaapstad. Dis ook ses jaar sedert sy ‘n dubbele longoorplanting by die Groote Schuur Hospitaal ondergaan het.

Anchen van Dyk

Sy het onlangs aan die SA Oorplantingspele deelgeneem en gryp die lewe met twee hande aan.

Haar vriendin Tanya Bothma, wag op ‘n tweede longoorplanting. Tanya het onomkeerbare longskade opgedoen toe sy as kind ‘n ernstige virus-infeksie opgedoen het. Sy het 7 jaar gelede ‘n longoorplanting ondergaan. Dit is vandag die sewende verjaarsdag van haar longoorplanting. Maar sy benodig nou ‘n tweede longoorplanting.

Anchen en Tanya

Luister  waar Anchen gesels oor sistiese fibrose en later haar longoorplanting.

Deel 1:

“Ek het elke dag gevoel ek verdrink,” vertel Anchen van Dyk, eienaar van ‘n velsorgkliniek. Sy het ses jaar gelede ‘n dubbele longoorplanting ondergaan. Ons vind uit hoe dit vóór die oorplanting was, en hoe dit nou met haar gaan.

Deel 2

Hoe siek moet mens nie voel as jy verlig is om te hoor jy is op die lys vir ‘n dubbel-longoorplanting nie? Wat behels die lewe ná ‘n dubbel-longoorplanting? Anchen van Dyk, wat ses jaar gelede op 22-jarige ouderdom ‘n longoorplanting gehad het, vertel meer.

 

Anchen en Tanya

Anchen en Tanya

Anchen en Tanya, kort na Anchen se oorplanting. Anchen se wange is nog rond vanweë die teenverwerpingsmiddels.

Anchen en Tanya