“Ek lewe voluit ná my longoorplanting; Tanya wag op ‘n 2e oorplanting”

Anchen van Dyk (29) is die eienaar van ‘n velsorgkliniek in die Noordelike voorstede van Kaapstad. Dis ook ses jaar sedert sy ‘n dubbele longoorplanting by die Groote Schuur Hospitaal ondergaan het. Sy het onlangs aan die SA Oorplantingspele deelgeneem en gryp die lewe met twee hande aan. Haar vriendin Tanya Bothma, wag op ‘n tweede longoorplanting. Tanya het onomkeerbare longskade opgedoen toe sy as kind ‘n ernstige virus-infeksie opgedoen het. Sy het 7 jaar gelede ‘n longoorplanting ondergaan. Dit is vandag die sewende verjaarsdag van haar longoorplanting. Maar sy benodig nou ‘n tweede longoorplanting. Luister  waar Anchen gesels oor sistiese fibrose en later haar longoorplanting. Deel 1: “Ek het elke dag gevoel ek verdrink,” vertel Anchen van Dyk, eienaar van ‘n velsorgkliniek. Sy het ses jaar gelede ‘n dubbele longoorplanting ondergaan. Ons vind uit hoe dit vóór die oorplanting … Lees meer “Ek lewe voluit ná my longoorplanting; Tanya wag op ‘n 2e oorplanting”