Emigreer? Dink hieraan!
Die son skyn te min, en sy vrou snik snags in haar kussing, skryf Zirk van den Berg in sy onlangse memoir, LANDUIT, WANT JY WIL MOS, oor sy en sy gesin wat in 1998 Nieu-Seeland toe uitgewyk het. Met die Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel, word landuit trek weer druk bespreek. Maar om te emigreer kan emosioneel verwoestend wees. Ons praat hieroor met dr. Sulette Ferreira, ‘n sielkundige wat spesialiseer in migrasie-terapie.