Geen geld vir doktersposte midde-in tekort aan staatsdokters, korrupsie, hoë nalatigheids-eise weens min doktersposte


Jong afgestudeerde dokters kry nie poste in die staatsdiens nie, en poste om te spesialiseer is ook so skaars soos hoendertande. Ondanks die nypende tekort aan dokters, poste en geld, wil die regering nie afsien nie van sy planne vir ‘n nasionale gesondheidsversekering. Die departement van gesondheid sê daar is eenvoudig nie geld om poste te vul nie.

Die aanbieder van Gesondheid op RSG en gesondheidjoernalis, Mari Hudson, doen verslag.