Die verskillende vorms van demensie

Die soorte demensie sluit in:
- Alzheimer se siekte (50 – 60% van gevalle van demensie; veroorsaak deur Tau proteien neerleggings in die brein)
- Vaskulêre demensie (dit kan klein onbewuste beroertes insluit; voorheen genoem verkalkte are)
- Demensie met Lewy liggaampies – dit is spesifieke proteiene wat in die brein neergelê word en dan senuwee-impuls oordrag kortwiek
- Gemengde demensie
- Parkinson se siekte kan in gevalle later tot demensie lei
- Frontotemporal demensie
- Creutzfeldt-Jakob se siekte – dit is demensie weens ‘n prion wat malkoeisiekte veroorsaak.
- Demensie weens waterhoof