Herwinde polistireen word vensterrame
Ja, polistireen kan herwin word. Daar word vloer- en plafonlyste en selfs vensterrame daarvan gegiet en dis sterk!
Danie Barnard, verbonde aan Supreme Mouldings in Oos-Londen, vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe polistireen herwin en omvorm word.
Die stappe waarin polistireen verwerk word
Stap 1. Dit word versamel by kollekteerpunte in Kaapstad, Johannesburg en Oos-Londen. Polistireen bestaan 96% uit lug en 4% uit materiaal en moet dus eers saamgepers om dit met 80% te verklein voordat dit vervoer kan word. By dié fabrieke word die polistireen dus met spesiale masjinerie in klein stukke opgebreek en in blokke gepers om na die herwinningsfabriek in Oos-Londen vervoer word.
Vóór die verwerking
Tydens verwerking
Stap 2: Die herwinning vind plaas by die fabriek in Oos-Londen. By dié fabriek word die polistireenblokke opgekap tot stukkies so groot soos ryskorrels en dan verwerk tot produkte. Tans word 90% van Supreme Mouldings se produkte vervaardig uit herwinde polistireen.
Ná verwerking
Kontaknommers
Email : info@suprememouldings.co.za
Kontak Danie Barnard by +27 11 086 8888 vir meer inligting.
Johannesburg
Tel : +27 11 086 8888
1008 Katrollaan, Robertville, Florida, 1008
Kaapstad
Tel : +27 21 007 2883
Unit B11 Maitland Park, 733 Voortrekker Road, Maitland (Tussen 12e en 14e laan).
Durban
Tel : +27 31 563 6934
Blok A