Het jou 3-jarige al ‘n mondhigiënis/tandarts besoek?

Ouers is geneig om te lank te wag vóór hulle aandag gee aan hul kinders se tande en dink dat melktande nie aandag verg nie. Baie ouers wag eers tot die kind al sy melktande het, of totdat die kind begin wissel voordat hulle hul kind na ‘n mondhigiënis of tandarts bring. Dit is tot nadeel van die kind. Probleme moet vroeg opgespoor en behandel word sodat die kind nie later vals tande moet kry nie.
Sy het ook vertel hoe mondhigiëniste uitreik na die publiek en hulle bystaan met voorkomende tandesorg, en dat van die dienste gratis is.