Hlabisa gesels oor die IVP se koalisie-planne


Vandag presies ‘n week gelede het die land stembus toe gegaan. ‘n Week later het die magspolitieke toneel in ons land dramaties verander, en word koalisies en samewerking druk bespreek. Die Inkatha Vryheidsparty is een van baie min partye wat sy aantal parlementêre setels kon vermeerder, en word allerweë beskou as ‘n belangrike rolspeler in koalisie-onderhandelinge.

Ons praat hieroor met die leier van die IVP, Velenkosini Hlabisa.