Hoe kan erg beseerde spiere jou niere laat versaak?
As ’n beseerde persoon onder die puin van ’n ineengestorte gebou uitgehaal word, is die stryd om sy lewe nog nie afgehandel nie. Dokters moet dan veg teen ‘crush’-sindroom. Hoe kan ‘n vasgepende arm of been tot skielike nierversaking lei, of tot ‘n hartstilstand en die dood? Verskeie ingewikkelde metaboliese prosesse word aangeskakel as spiere deur ‘stomp’-beserings beskadig word. Mari Hudson gesels met ’n traumachirurg. Hoekom word net die helfte van alle traumapasiënte wat ‘redbaar’ is, wel gered? Het die groot traumalading iets hiermee te doen? Hoekom is ‘stomp’ beserings soos in ’n konstruksie- of voertuigongeluk, gevaarliker as ‘skerp’ beserings soos ’n messteek? Wat is die moets en moenies op ’n ongelukstoneel? Hoe word ongevallepasiënte geklassifiseer as rooi, geel of groen, en wat beteken dit? Mari Hudson praat hieroor met ’n traumachirurg.
Kopieër en plaas die URL in jou WordPress webwerf om dit in te sluit
Kopieër en voeg kode tot jou webwerf in dit in te sluit