Hoe moet ons Trump verstaan?


Pres Donald Trump

Die Amerikaanse president, Donald Trump, is nou maar 80 dae in die Withuis, al voel dit soms of dit veel langer is. Sedert Trump ingehuldig is, het hy tot gister 112 uitvoerende bevele onderteken, duisende regeringsprogramme stopgesit, allerlei handelstariewe ingstel en sporadies vir kort tye opgeskort, en duisende staatsdienswerkers in die pad gesteek. Een ding is duidelik – Amerika bly die grootste rolspeler in die wêreld met die meeste invloed. Hoe lank dit nog die geval is, sal net die tyd leer. Hoe moet ons Trump en sy administrasie se ontwrigtende optrede verstaan?

Die politieke filosoof, professor Johann Rossouw, het onlangs ‘n omvattende artikel hieroor op LitNet gepubliseer. Johann is die hoof van filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat.