Hoe werk DEXA-, CT-, MR- en ander skanderings en hoe lyk dit?


Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderimngs soos X-strale, CT- en MR-skaderings?

Ons kyk ook na fibromialgie en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word vóór ‘n diagnose van dié pynsindroom gemaak kan word.

Luister Woensdag om 11:30 na Gesondheid op RSG.

Só lyk die verskillende beeldings:

Dexa beeld
Dubbel-energie X-straal absorbsie

om vet- en spiermassa in die liggaam te meet:
Vet en spiere is in verskillende kleure

Sonarbeelde oftewel ultraklankbeelde
Sonarskandering word bv in ‘n trauma-eenheid eerste gebruik om binne die liggaam te kyk om vas te stel of daar ‘n bloeding is of iets anders opgetel kan word.
Dit werk met klankgolwe wat terugkaats.

Die algemeenste sonarbeelde is van ‘n ongebore baba.

Die 3D of 4D sonarbeelde gee meer besonderhede

Lewervervetting is te sien: dis die swart “vet-kolle” in die lewer.

Hier word die vet in die lewer gesien as die swart strepe

 

X-strale
Vanaf ‘n enkele radio-aktiewe bron
Meestal om beenfrakture, en die longe te bekykCT-skandering
2 radio-aktiewe bronne
Beter beelding as X-strale
Kan binne-in die liggaam van voor na agter maar ook in dwarssnitte van bo na onder bekyk

Die brein in dwarssnitte van bo na onder

Die brein van voor na agter (heel links), van die kant af (links), van voor na agter (naasregs) en van bo na onder (regs).

Die buik van bo na onder. Die pyl is na die regternier

MR-skanderding
Hier word magneetvelde gebruik om die beelding te skep.
Die beelde is die beste moontlike en word veral vir die spinaalkoord en brein gebruik.

MR beelde is duidelik, en strukture kan duidelik uitgeken word. Kleure kan ook aan die verskillende ‘digthede’ van weefsel toegeken word.

PET-skandering
Positron-emissie tomografie.
Hierdie skandering word veral gebruik om funksies van organe te bepaal, en om kanker na te spoor.
‘n Radio-aktiewe stof met ‘n kort leeftyd word in die bloedvatstelsel ingespuit, wat dan na die spesifieke orgaan beweeg.
Dit word dikwels saam met CT- of MR-beelding gebruik om die presiese posisie van die aktiwiteit te bepaal.

 

Hier word ‘n PET beeld van die brein saam met MR-beelde gebruik. Dit dui duidelik ‘n letsel in die brein aan.

Die blink kol is ‘n letsel van die tiroïed wat met die PT beeld (regs) opgespoor kon word en nie soseer met die CT beeld (links) nie.

Funksionele MR-skandering
Met hierdie spesiale MR-skanderings kan die funksies van bv die brein gesien word.

Met hierdie funksionele MR-beelde kan gesien word watter dele van die brein betrokke is as die pasiënt sy hand beweeg.

Hier kan gesien word watter dele van die brein aktief is en gestimuleer word met depressie en chroniese pyn en watter dele nie gestimuleer word nie, teenoor ‘n normale brein.