Hoekom ontwikkel iemand ‘n eetversteuring?


‘n Eetversteuring is ‘n patroon waardeur mense onbewustelik hul lewensprobleme (issues) probeer hanteer deur te fokus op hul verhouding met kos en met hul gewig. Die persoon vermy sodoende hul emosies oor die dinge wat regtig belangrik is. Kos en gewig raak so belangrik dat dit hulle gevoel oor hulself bepaal en ‘n merkbare impak het op hul funksionering, wat lewensgevaarlik kan wees.