Hoekom vry China so hard na Afrika?


Die Forum vir China-Afrika-samewerking loop vandag in China ten einde. Die Chinese president, Xi Jinping, het die rooi tapyt behoorlik vir meer as 50 Afrika-leiers uitgerol, waaronder president Cyril Ramaphosa. Die duisend miljoen dollar gordel-en-pad-inisiatief in Afrika, beteken talle Afrika-lande maak van Chinese kapitaal gebruik. China is ook Suid-Afrika se grootste handelsvennoot. Ons praat hieroor met dr. Roelof Botha, ekonoom en raadgewer van die Optimum-beleggingsgroep.