Indiese draf-eende en Dexter-beeste hou wingerde vry van peste
Die Eersterivier stoot sy walle oor soos die Nyl, en vloei in die wingerde in by Faure naby Stellenbosch en die Strand, waar draf-eende uit Indië en Dexterbeeste organies inwerk op die regeneratiewe landbou en toerisme van die Vergenoeg Löw-landgoed.
Johan Rademan gesels met Corius Visser, die besturende direkteur.

Dexter beeste is ‘n klein beesras wat in die 1900’s van Ierland na Suid-Afrika ingevoer is. Nean van Zyl, ’n beesboer van Noodhulp buite Bela-Bela, se Dexters het al baie pryse gewen. Die foto is om die grootte van die beesras te toon.