Is die nuwe kragtariewe steeds te min?


Johannesburgers wat nou elektrisiteit op hulle voorafbetaalde meters gelaai het, het met ‘n skok agtergekom hulle kry aansienlik minder eenhede as vorige maande. Tog meen kenners munisipale kragpryse en tariewe is steeds te min, en nog skokke kan op verbruikers wag. Intussen het die energiereguleerder, NERSA, aangedui hulle gaan appelleer teen ‘n hofbeslissing wat deur AfriForum verkry is teen tariefverhogings sonder kostestudies. Ons praat hieroor met Antoinette Slabbert, spesialisjoernalis van Rapport.