Is die oorlog in Gasa byna op ‘n einde?


In sy eerste televisie-onderhoud sedert 7 Oktober 2023, het Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, gesê die “intensiewe fase van die oorlog met Hamas” nader sy einde. Intussen vlam vrese vir ‘n volskaalse oorlog met Hezbollah op in die suide van Libanon aan Israel se noordelike grens. Aanvalle tussen Hezbollah en Israel het die afgelope tyd toegeneem.

Ons praat hieroor met professor Abel Esterhuyse van die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch.