Is ons suiwelprodukte veilig vir menslike gebruik?


Die Suiwelstandaardagentskap poog voortdurend om te verseker dat suiwelprodukte in Suid-Afrika veilig vir menslike gebruik is. Met die uitbreiding van hulle laboratorium, sal daar eersdaags vir brusselose in melk getoets kan word. Jompie Burger praat hieroor en ander toetse wat in die pyplyn is.

Hannes Bruwer van Genade Boerdery is aangewys as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar. Hulle diverse boerdery in die Hopetown-omgewing bestaan onder meer uit koring, erte, lusern, groente, wild en skape. As besproeiingboer gesels hy ook oor die planne wat hulle moes maak om tydens beurtkrag volhoubare produksie te verseker.