Jongste oor landbou-werkskepping, -handelsdata en -uitvoere


Landbou het in die eerste kwartaal ‘n beduidende rol in werkskepping gespeel. Dr. Tracy Davids, ‘n landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat hieroor en handelsdata en landbou-uitvoere.

Gerhard Meyer boer met granate in die Klein Karoo, en het onlangs ‘n groter verwerkingsaanleg geopen, waar granaatsap, granaatstroop en granaatroomys op groot skaal gemaak word.