Kom vind liefde in die donker! Wat wag in episode 2?


Vrydag 06 September 2024 om 11:30 skop die nuwe realiteitsreeks Liefde in die Donker af.

Vier alleenloper mans gaan op RSG soek na ware liefde. Niemand gaan hul regte name gebruik nie, so al hoe potensiële pasmaats hulle kan leer ken is deur aanlyn gesprekke (sonder kameras), en deur die weeklikse radio program. Elke man het ‘n skuilnaam gekies.

Luister na die eerste epsode waarin ons die vier alleenlopers bekend stel. Indien jy jouself in een van hulle se toekoms sien, skryf in om die alleenloper beter te leer ken.

Ons stel die vier enkellopende mans wat na liefde soek, onder skuilname bekend.

 

Alleenloper 1 is JohnO:

JohnO is tussen die ouderdom van 38 en 48

Hy is opsoek na ‘n vrou tussen die ouderdom van 35 en 45

Video 1

Video 2

Alleenloper 2 is Jacques James:

Jacques is tussen die ouderdom van 35 en 40

Hy is opsoek na ‘n man tussen die ouderdom van 30 en 45

Video 1

Video 2

Alleenloper 3 – BoksemDais

BoksemDais is tussen die ouderdom van 25 en 30

Hy is opsoek na ‘n vrou tussen die ouderdom van 20 en vroeë 30tigs.

Video 1

Video 2

 

Alleenloper 4 is BrakanJan:

BrakanJan is tussen die ouderdom van 43 en 49

Hy is opsoek na ‘n vrou tussen die ouderdom van 35 en 46

Video 1

Video 2

 

Luister na elke profiel om te besluit vir wie jy wil inskryf.

Hoe om in te skryf vir die alleenloper wat jou hartsnare pluk:

Stuur die volgende inligting na liefde@liefdeindiedonker.co.za

  •  Watter alleenloper jy wil beter leer ken
  •  Jou naam en van
  •  Ouderdom
  •  ‘n Kopie van jou SA ID
  •  Onlangse foto

*Jou e-pos onderwerp moet asseblief die skuilnaam van jou alleenloper wees.

Almal wat gekies word om deel te neem aan Liefde in die Donker gaan anoniem bly. Ons vervaardigers wil net seker maak jy sê wie jy is. Daarna sal jou identiteit geheim gehou word.

Skryf in!

Wie weet, miskien vind jy jou ware liefde (in die donker)

Sluitingsdatum: 24 September 2024

 

Liefde in die Donker, a new reality series on RSG – listen with your heart