Wêreldbeker Krieket: Terminologie-gids en Uitsendings
Die Krieket Wêreldbeker is aan die gang – ongelukkig steeds sonder enige wen-wedstryde deur die Proteas, maar kom ons hoop teen alle hoop in op ‘n wonderwerk vir ons manne. Engeland en Wallis is die gashere vir hierdie sportgebeurtenis.
As jy nie ‘n krieketkenner is nie, en al gewonder het wat al die benamings, terme en tekens beteken, hoef jy nie verder in die duister te wees nie. Pieter van den Berg, sportkommentator vir RSG, het vinnig gehelp om alles netjies te vereenvoudig. Hier is jou gids:
Verskillende balle wat afgestuur/geboul kan word:
- ʼn Naatbal is wanneer ʼn bouler die naat van die bal gebruik om wanneer dit die kolfblad tref rigting te verander.
- ʼn Swaaibal verander rigting terwyl dit deur die lug beweeg as gevolg van een gladder kant van die bal (dis daarom dat spelers die bal teen hul klere vryf om ʼn kant te bewerkstellig wat gladder is vir minder lugweerstand).
- ‘n Bybreekbouler laat die bal deur die lug draai en wanneer dit die kolfblad tref beweeg dit na die wegkant van die kolwer toe.
- Die wegbreekbouler se balle draai na die bykant van ʼn kolwer toe.
Ander terminologie:
Die bypen van ʼn kolwer is aan die kant van die kolwer se bene en die wegpen aan sy kolf of kop se kant.
En só gaan RSG die wedstryde uitsaai:
Willem Pelser en Ettienne Ludick sal die toernooi vir RSG dek met kommentaar tydens onderstaande dae.
Sondag, 23 Junie
SA teen Pakistan – Willem
11:55 Net na Hoe verklaar jy dit
12:55 Net na Nic se goed
13:30 Tydens Sondagmidddag met Fritz
13:55 Tydens Sondagmiddag met Fritz
14:55 Tydens Middag met Fritz
15:55 Net na Dis Gospel
17:00 Net voor Rand en Sent begin
17:30 Net voor Leefwêreld begin
18:55 Net na Aanddiens
19:30 Net na Uit n ander hoek en voor Sterre begin
Vrydag, 28 Junie
SA teen Sri Lanka – Willem
11:20 Tydens Oggend op RSG – voorskou
11:55 Net voor Oggend op RSG klaarmaak
12:30 Tydens Middag op RSG
14:05 Net na Nuus
15:05 Net na Nuus
15:45 Tydens RSG Sport verslag in Tjailatyd
16:45 Tydens RSG Sport verslag in Tjailatyd
17:45 Tydens RSG Sport program
18:10 Net na Nuus en Weer en voordat Geldsake begin
19:30 Net voor Kopkrap begin
Saterdag, 6 Julie
SA teen Australië – Ettienne (wedstryd begin om 14:30)
14:55 Net na Vastrap
15:45 Tydens rustryd van die eerste rugbywedstryd (tbc)
16:55 Na afloop van die eerste rugbywedstryd (tbc)
17:55 Tydens rustyd van die tweede rugbywedstryd (tbc)
18:55 Na afloop van die tweede rugbywedstryd (tbc)
19:30 Tydens Saterdagaand musiekprogram
19:55 Net voor U eie keuse begin
20:55 Net na U eie keuse
21:55 Tydens Saterdagaand musiekprogram
22:30 Tydens Saterdagaand musiekprogram
Dinsdag, 9 Julie
Semi-finaal –TBC – Willem
Donderdag, 11 Julie
Semi-finaal – TBC – Ettienne
Saterdag, 14 Julie
Finaal – TBC – Willem