Kyk met nuwe oë na vetsug: Dis ‘n siekte en MOET behandel word


‘n Navorsingsartikel in die gerespekteerde mediese joernaal, Lancet, het bevind dat vetsug nie ‘n leeftsylprobleem is nie, maar ‘n siekte wat gediagnoseer kan word. Mediese akademici van regoor die wêreld het lank saam navorsing hieroor gedoen. Dit het verreikende gevolge vir die mediese bedryf. Die gesondheidjoernalis en aanbieder van Gesondheid op RSG, Mari Hudson, doen verslag.

“n Groep van 56 van die wêreld se voorste mediese kenners op die gebied van vetsug, het ná twee jaar van besprekings en evaluasie van feite nuwe konsensus-riglyne opgestel vir die diagnosering en behandelimg van vetsug, want klinese vetsug is ‘n siekte en nie bloot ‘n leefstylprobleem nie.

Prof Tess van der Merwe, een van die 56 wêreldkenners en een van die 44 outeurs van die grensverskuiwende dokument, het enkele punte uiteengesit:
1. Voorheen is grootliks op BMI staatgemaak vir die diagnosering van vetsug, maar só is sommige pasiënt verkeerdelik as obees gediagnoseer en anernstige siektes soos diabetes, hartsiektes en vele meer lei, en verlaag lewenskwaliteit.Dit is ‘n siekte wat reg gediagnoseer en behandel moet word.
3. Vetsug word gediagnoseer as jy oorgewig is en aan een van die 18 diagnostiese kriteria voldoen. Die kriteria sliut hipertensie, hartprobleme, diabetes, depressie, slaap apnee, hoé cholesterol, lewervervetting, funksionele inkorting soos sukkel om te buk om jou skoene vas te maak of om ‘n stel trappe te klim, in. Vir kinders geld 13 diagnostiese kriteria.
4. As iemand oorgewig is, maar nie aan een van die 18 diagnostiese kriteria voldoen nie, is die een pre-kliniese vetsugtig, en moet elke 6 tot 12 maande opgevolg word, omdat hy/sy ‘n groot risiko het om vetsug-siekte te ontwikkel. Die mens moet ook daadwerklik behandel word om gewig te verloor.
5. Die behandelingsprotokolle vir vetsugsiekte behels ‘n dieet, oefening, medikasie met die nuwe generasie gewigsverlies inspuitings, of bariatriese chirurgie.
6. Die nuwe protokolle sal spoedig in internasionale en nasionale vetsug-protokolle en strategieë in minstens die 72 deelnemende lande geïnkorporeer word, en mediese fondse sal onder druk wees om die behandeling van vetsug te dek.
7. Die behandeling van die gevolge van oorgewig en vetsugsiekte kos lande baie geld, en raak onbekostigbaar, want die gevolge alleen sluit ernstige probleme soos hartsiektes, diabetes, knievervangings, hoë bloeddruk, lewervervetting, artritis, depressie, verskeie kankersoorte en ‘n magdom ander probleme in.

Lees ook:

https://theconversation.com/how-we-diagnose-and-define-obesity-is-set-to-change-heres-why-and-what-it-means-for-treatment-245164

https://www.nature.com/articles/d41586-025-00123-1

https://www.bbc.com/news/articles/c79dz14d30ro

Die BMI mnetode om vetsug te diagnoseer, is gebrekkig.

 

BMI alleen is nie voldoende vir vetsug diagnose nie.

 

Die nuwe diagnostiese kriteria is sodanig dat jy of met kliniese vetsug (vetsugsiekte) of pre-kliniese vetsug gediagnoseer kan word.

 

Hoe die nuwe metings tot meer akkurate diagnose kan lei.

 

Die protokol om klinies evetsug te diagnoseer.

KYK OOK HIER NA DIE GRAFIKA IN PDF FORMAAT – Lancet infographic – Clinical Obesity