Land en Sand met regse Joel Pollak – dalk volgende VSA ambassadeur in SA


Joel Pollak is ‘n Suid-Afrikaans gebore Amerikaner, wat volgens berigte een van die Amerikaanse president, Donald Trump, se gunstelinge is om die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika te word. Pollak is getroud met die anti-apartheidsaktivis, Rhoda Kadalie, se dogter, Julia, wat hy ontmoet het terwyl hy die toespraakskrywer van Tony Leon, destydse DA-leier was. Pollak laat hom gereeld uit oor Suid-Afrikaanse kwessies, en skryf gereeld vir die regse Breitbart News Network. Hy word beskou as een van die mense wat ‘n invloed op Trump se siening oor Suid-Afrika het. Pieter Steyn het land en sand met hom gesels.