Kom vind Liefde in die Donker


Liefde in die Donker is ‘n realiteitsreeks waar vier alleenloper mans op RSG na ware liefde soek. Niemand gebruik hul regte name nie en niemand sien iemand anders nie. Al hoe potensiële pasmaats hulle kan leer ken is deur aanlyn gesprekke (sonder kameras), en deur die weeklikse radio program. Elke man het ‘n skuilnaam gekies. En elke potensiële pasmaat het ook ‘n skuilnaam gekies.

Die aanbieders van die unieke reeks is Lise Swart en Santoni Engelbrecht.

Lise Swart

Lise is die aanbieder en vervaardiger van radio reekse op RSG, Wie is ek? en Hoe verklaar jy dit? Met haar ekstensiewe ervaring in TV en Radio sien sy uit om mense te help om liefde te vind.

Santoni Engelbrecht

Santoni is bekend vir haar deelname in Survivor SA seisoen 8, waar sy baie naby aan die wenprys gekom het. Sy is ‘n eksentrieke figuur wat haar liefde vir mense deel deur haar suksesvolle aanlyn klerewinkel en haar obsessie om ander te help ware liefde te vind.

Die volgende stap

Luister die volledige stemboodskappe van die mense wat ingeskryf het vir Liefde in die Donker se vier alleenloper mans.

Wie dink jy pas die beste by elke alleenloper?

Stuur jou voorspelling na liefde@liefdeindiedonker.co.za

Wie weet, miskien wen jy ook iets aan die einde van die mans se liefdes reis!

Vir Alleenloper 1, JohnO

JohnO is tussen die ouderdom van 38 en 48. Hy is opsoek na ‘n vrou tussen die ouderdom van 35 en 45.

Vir Alleenloper 2, Jacques James

Jacques is tussen die ouderdom van 35 en 40. Hy is opsoek na ‘n man tussen die ouderdom van 30 en 45.

Vir Alleenloper 3, BoksemDais

BoksemDais is tussen die ouderdom van 25 en 30. Hy is opsoek na ‘n vrou tussen die ouderdom van 20 en vroeë 30tigs.

Vir Alleenloper 4, BrakanJan

BrakanJan is tussen die ouderdom van 43 en 49. Hy is opsoek na ‘n vrou tussen die ouderdom van 35 en 46.

Stel vas wat al voorheen gebeur het:

Liefde in die donker 4 Oktober 2024 – Ep5

Die tyd het aangebreek om van die eerste inskrywings vir ons vier alleenloper mans te hoor. Dit gee ons ‘n goeie idee wie vir wie ingeskryf het, en hoe moeilik die keuses sal wees vir die mans.

Liefde in die donker 27 September 2024 – Ep4

Bekendes en luisteraars het vrae ingestuur vir ons vier alleenloper mans. Hoor wat hulle dink van braaibroodjies, die beste raad om te gee, verhoudingsfoute en nog baie meer.

Liefde in die donker 6 September 2024 – Ep 1

Ons stel die vier enkellopende mans wat na liefde soek, onder skuilname bekend.