Luister Donderdagaande na ‘Toe ons sterre was’ seisoen 2


Toe ons sterre was S2, aangebied deur Heindrich Weingaard kan van  2 JAN – 20 MAART 2025 (12 EP) op Donderdagaande om 20:30 gehoor word.

Sedert die eerste seisoen van Toe ons sterre was, het luisteraars – bruin en wit – gedurigdeur gevra wanneer ons weer een gaan aanbied. Wat hulle waardeer het, was die opdieping van musiek en kunstenaars wat vir baie vergete was. Die sterre uit die 60’s, 70’s en 80’s (ook hier en daar uit die 90’s) was hoofsaaklik bruin, maar ook wit en swart, wat saam musiek gemaak het.

‘n Tweede seisoen sal die gapings vul deur te fokus op ander liedjies en kunstenaars wat nie in die eerste seisoen prominent was nie. Dit sluit sowel individuele kunstenaars (soos Noel Mitchell en Terry Hector) as groepe (soos Fireball en The Elginairs) in.

Groter fokus sal ook geplaas word op ‘n meer verteenwoordigende reeks van musiek uit ander landsdele as die Wes-Kaap, soos die Noord-Kaap en selfs KwaZulu-Natal. Natuurlik verwag die kunstenaars wel ‘n terugkeer na van hul gunstelinge uit die eerste reeks.

Hierdie keer sal die stemme van bekendes ook gebruik word om self hul onthou-musiek van die kunstenaars van weleer met luisteraars te deel.