Luister na verse oor die buitenste ruimte


Sophia van Taak en De Klerk Oelofse klim in ’n pendeltuig en gaan verken die buitenste ruimte deur die woorde van ons digters. Daar’s gedigte oor sterre, die maan, ruimtesendings, komete en konstellasies. En, natuurlik, ’n groot skoot verwondering oor al die ongelooflike dinge wat ons in die naghemel kan waarneem.