Matriekhulp op RSG tydens die inperking
Die Coronavirus veroorsaak groot ontwrigting, veral vir leerders en matrikulante. RSG het daarom besluit om hersieningondersteuning aan matrikulante te bied.
Skakel vir die volgende paar weke, vanaf Maandag tot Donderdag om 19:30, in op Kompas op RSG 100 – 104FM.
Die vakke en onderwerpe wat gedek gaan word, is as volg:
DATUM | VAK | ONDERWERP |
WEEK 1 | ||
Dinsdag, 31 Maart 2020 | Fisiese Wetenskappe | Die Doppler-Effek |
Woensdag, 01 April 2020 | Rekeningkunde | Vervaardiging |
Donderdag, 02 April 2020 | Besigheidstudies | Ondernemingsvorme |
WEEK 2 | ||
Maandag, 06 April 2020 | Wiskunde | Eksponente & Wortelvorms |
Dinsdag, 07 April 2020 | Fisiese Wetenskappe | Vertikale Projektiel-beweging |
Woensdag, 08 April 2020 | Rekeningkunde | Rekeningkunde van ‘n Maatskappy |
Donderdag, 09 April 2020 | Besigheidstudies | Menslike Hulpbronne |
WEEK 3 | ||
Maandag, 13 April 2020 | Wiskunde | Getalpatrone, Rye & Reekse |
Dinsdag, 14 April 2020 | Fisiese Wetenskappe | Kragte & Newton se Wette |
Woensdag, 15 April 2020 | Rekeningkunde | Balansstaat van ‘n Maatskappy |
Donderdag, 16 April 2020 | Besigheidstudies | Onlangse Wetgewing |
WEEK 4 | ||
Maandag, 20 April 2020 | Wiskunde | Funksies |
Dinsdag, 21 April 2020 | Fisiese Wetenskappe | Organiese Bindings & Makro-molekule |
Woensdag, 22 April 2020 | Rekeningkunde | Inkomstestaat van ‘n Maatskappy |
Donderdag, 23 April 2020 | Besigheidstudies | Besigheids-strategieë |
WEEK 5 | ||
Maandag, 27 April 2020 | Wiskunde | Euklidiese Meetkunde |
Dinsdag, 28 April 2020 | Fisiese Wetenskappe | Die Tempo & Omvang van Reaksies |
Woensdag, 29 April 2020 | Rekeningkunde | Kontantvloeistaat van ‘n Maatskappy |
Donderdag, 30 April 2020 | Besigheidstudies | Professionalisme & Etiek |