Psigiatrie en Tegnologie; Skermverslawing; ADHD in agtergeblewe gemeenskappe


Meer as 700 kinders uit agtergeblewe gemeenskappe in Wes-Kaap se ADHD is opgespoor en die kinders kan gehelp word danksy die werk van die Goldilocks and the Bear Foundation, het in ‘n onderhoud met prof Renata Schoeman, psigiater en stigter van dié program en ook hoof van Leierskap in Gesondheidsorg aan die US se Sakeskool, aan die lig gekom.  Sy is na Australië genooi om meer te vertel oor dié program.

Prof Schoeman deel in Gesondheid op RSG meer oor dié program, en vertel ook meer oor die voor- en nadele van tegnologie in psigiatrie en geestesgesondheid. Watter soort toeps is nuttig en wat is nadelig as net 3% van die geestesgesondheid-inligting op Tik Tok?

 

Hoe kan tegnologie help in die opsporing en behandeling van psigiatriese probleme? Hoe gemaak as net 3% van die geestesgesondheidsinligting op TikTok korrek is? En hoe het private inisiatief in die Wes-Kaap gehelp om honderde kinders uit agtergeblewe gemeenskappe se ADHD te diagnoseer, soveel so dat Australië lesse hieruit wil leer?

Sy vertel ook hoe enige lid van die publiek ‘n rol kan speel om meer kinders met ADHD te help:

 

Hier is die kontakbesonderhede:

Besoek die Goldilocks and the Bear Foundation se webwerf vir inligting oor ADHD, kursusse vir ouers en meer.