Moet jy ‘n pasaangeër kry? Nuwe soort beskadig nie jou hart nie


Hartversaking, siek-sinus-sindroom en AV-bondel-blok is drie van die hartprobleme wat die hart te vinnig of te stadig laat klop. Pasiënte se behandeling kan sluit die uitskakeling van oorsake, medikasie en ‘n pasaangeër insluit. In deel 1 van dié kort reeks, vind ons uit wat behels hartversaking, siek-sinus-sindroom en AV-bondel-blok.

 

Dit is nou moontlik om baie pasiënte met hartversaking of linkerbondeltak-blok ‘n beter lewe te gee. ‘n Nuwe soort pasaangeër, waar die hart se eie geleidingsweefsel gestimuleer word, pleks van die hartspier, word nou as die goue standaard vir pasaangeërs beskou.