Moet leerders deurgesit word?


Volgens die Oos-Kaapse departement van onderwys is daar in vanjaar se matriekgroep 9 300 leerders wat nog nie ‘n enkele graad geslaag het van graad een tot graad 11 nie. Die Departement van Basiese Onderwys se beleid om leerders “deur te sit”, terwyl ‘n leerder eintlik ‘n graad moet herhaal, moet indringend heroorweeg word. Dis die mening van dr. Tanja Spamer, ‘n onderwyskenner en onderwyser aan die Laerskool Hugo Rust op Wellington.