Moet ons skrik vir a-pokke?


Die Wêreldgesondheidsorganisasie oorweeg om die uitbreking van a-pokke as ‘n internasionale gesondheidskrisis te verklaar. Dit volg nadat ‘n nuwe variant van dié pokke in Kenia, Ivoorkus en ander Afrikalande waargeneem is.

Ons praat hieroor met dr. Cloete van Vuuren, ‘n infeksiebeheerspesialis van Bloemfontein en hoof van die departement interne geneeskunde by 3 Militêre Hospitaal.