Mymoena en Bianca kuier by RSG
Dis vanjaar 10 jaar dat tienduisende Suid-Afrikaners elke weeksaand die mense van Ruiterbosch se lief en leed deel. Suidooster het in 2015 sy buiging op die kassie gemaak en sedertdien is dit een van die gewildste Afrikaanse sepies en het al handevol pryse ingepalm. Mymoena Samsodien en haar dogter, Bianca Fourie is al die hele dekade van Suidooster in Ruiterbosch. Mymoena word natuurlik gespeel deur Jill Levenberg en Bianca, deur Simone Biscombe.