Sondagsriviervallei: water in streek goed bestuur; munisipaliteit maak droog
Jou reg tot skoon water is in die Grondwet verskans, tog laat baie munisipaliteite hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref.
Episode 13: In My Mooi Dorp gesels Mari Hudson in die eerste van twee episodes met die water-beheerders van die Sondagsriviervallei, wat dié vallei se water uiters doeltreffend bestuur, maar dat dinge dan by munisipaliteit skeef loop. Dié skema red ook tans vir Nelson Mandelabaai van Dag Zero.
Haar gaste is Mike Primmer, hoof uitvoerende beampte van die Laer Sondagsrivier Watergebruikersvereniging, en Aldré Nel, operasioenle bestuurder wat tans besig is met sy meestersgraad in Ingenierswese.
Episode 15: In die tweede episode, ontdek ons meer van die watervoorsiening van die vallei. En stel ons vas hoe dit gebeur dat die dorp Kirkwood en verskeie woongebiede soms dae lank sonder water is, al is daar voldoende water en is daar geen rede waarom die dorp, met die nodige beplanning deur die munisipaliteit, ‘n enkele dag sonder water hoef te wees nie.
Episode 14:
Probleme met watervoorsiening en dienslewering is besig om ernstige afmetings aan te neem in die meeste dorpe en stede in Suid-Afrika. In dié episode raak-raak ons aan die stand van sake in Lydenburg, Johannesburg, Deneysville, Bloemfontein en Koster en vind uit waar staan samewerking tussen die private en staatsektore.
Episode 12:
Episode 11:
Episode 10:
Episode 9:
Episode 8:
Episode 7:
Episodes 5 & 6:
Episode 4:
Episode 3:
Episode2 1&2: