NAVO is 75, maar hoe lyk die toekoms?


NAVO is 75, maar hoe lyk die toekoms?

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, NAVO, is vanjaar 75 jaar oud. Ná ‘n tydperk van relatiewe vrede in Europa en die Weste, woed daar die afgelope twee en ‘n half jaar weer ‘n oorlog in dié geweste tussen Rusland en Oekraïne. Hoe lyk die toekoms van NAVO? Die organisasie is besig met ‘n beraad in Washington, en ons gesels hieroor met professor Abel Esterhuyse van die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch.