Notre Dame só in rekordtyd herstel


Die Notre Dame in Parys, waarvan groot dele vyf en ‘n half jaar gelede in puin gelê is weens ‘n brand, is die naweek weer ingewy nadat herstelwerk in ‘n rekordtyd gedoen is. Die ikoniese katedraal se bouwerk het destyds bykans ‘n 100 jaar geduur van 1163 tot 1260.

Ons praat hieroor met Anton Roodt, ‘n argitek van Bloemfontein, wat verskeie projekte gelei het om historiese geboue te restoureer. Anton was onder meer aan die spits van die herstelwerk aan Bloemfontein se stadsaal en die NG Kerk op Burgersdorp.