Dokumentêre 2025: 27 Maart – Die kleur van lakens
Luister van 2 Januarie elke Donderdagaand om 20:00 na RSG se uiteenlopende dokumentêre en deurkruis Suid-Afrika om sy mense, diere, dorpe en selfs sy soutpanne beter te leer ken. 27 Maart Die kleur van lakens Die dokkie-seisoen word op Donderdag 27 Maart afgesluit met Tharien Oosthuizen se 48 uur saam met ‘n traumaberader, dr. Rian Steenkamp. Hy werk met mense en families wat moet worstel met enigiets wat ‘n lewe bedreig – van ongelukke tot siekte. Daar is min hospitale in Suid-Afrika wat traumaberading bied en dr. Steenkamp vertel van sy daaglikse uitdagings. Luister weer 2 Januarie Die seisoen skop op Donderdag 2 Januarie om 20:00 af met die omroeper Kobus Rudolph se program oor die Bergklub van Suid-Afrika, die reddingsdienste wat hul bied, die verskillende vorme van bergklim asook hul rol in die bewaring van die natuur. Lees meer … Lees meer Dokumentêre 2025: 27 Maart – Die kleur van lakens
Kopieër en plaas die URL in jou WordPress webwerf om dit in te sluit
Kopieër en voeg kode tot jou webwerf in dit in te sluit