Nuwe MIV-VIGS-inspuitings nou in SA beskikbaar


Die CAB-LA-inspuiting is in Desember 2022 geregistreer as ‘n middel om MIV-VIGS te voorkom. Tot dusver het die department van gesondheid dit nie aangekoop nie weens die hoë koste daarvan. Die department het egter nou verskaffers uitgenooi om hulle tariewe in te dien en aan te dui hoeveel inspuitings hulle sal kan lewer. Dié wending kom 18 dae nadat die department ‘n reuse skenking van 231 000 dosisse van Pepfar, Amerika se teenvigsprogram, ontvang het. Ons praat hieroor met Mia Malan van die Bhekisisa-sentrum vir gesondheidsjoernalistiek.