Nuwe musiekreeks ‘Pure Poering’ vind groot byval by luisteraars


Die eerste episode van Pure Poerring, RSG se splinternuwe  musiereeks wat op 7 Julie begin het, het groot byval gevind onder luistyeraars.

Dié nuwe musiekprogram is vir nóg 12 13 Sondaemiddae tussen 14:00 -15:00  te hoor. Die reeks  bestaan uit  ligte klassieke instrumentale musiek asook musiek uit die sogenaamde “cross over” (ligte en klassiekemusiek gemeng) genre.

Luisteraars kon Sondag onder andere luister na Mozart 40 wat vir die orkesleier,  Waldo del los Rios  ‘n groot treffer in 1971 was, asook ‘n Strauss wals deur André Rieu en sy orkes; Liberace se  weergawe van Chopsticks; die Prelude uit Deel 1 van Verdi se La Traviata, asook James Last en sy orkes se Games that Lovers Play.

Daar was ook  pragtige verwerkings van  Afrikaanse musiek, bv Christa Steyn  se Ek wil v jou wees,
en dan soms so bietjie jaz: Kenny Ball se Midnight in Moscow. En dan kon die jonger geslag ook inskakel en o.a.  luister  na hoe Karen Zoid  en Rocco de Villiers tango.

Vir heerlike musikale poerring  na afloop  van ‘n luilekker Sondagmiddag noenmaal, skakel asb  in Sondaemiddae om 14:00.

Pure Poerring word aangebied deur Elsje van Jaarsveld met musiekregisseur en programsamesteller, Ilse Schürmann en produksieregisseur Wihann Nel.

Hier is 3 snitte wat te hoor was: