Nuwe oggend-boekvoorlesing speel in Kalahari af
Vanaf 17 Januarie 2025 kan luisteraars elke weeksoggend om kwart voor elf inskakel vir RSG se splinternuwe oggendboekvoorlesing, “So ook op die aarde” deur die bekroonde skrywer Betsie van Niekerk. Lizelle Pike is die leser. Hierdie boeiende storie – oor ‘n Franse non en kaalvoetpriester in die Kalahari – in samewerking met Naledi, beloof om luisteraars mee te voer na die Kalahari se ruwe landskap en die diep menslike emosies van die karakters wat ons daar vind. Oor die storie In ‘n klein afgeleë gemeenskap in die Kalahari ontdek Leonie, ‘n jong Franse non, die komplekse wêreld van liefde, menswees en oorlewing. Sy ontmoet die aantreklike kaalvoetpriester Vader Simon, die wyse Ouma Pop, oom Herklaas die hoofouderling, en ander kleurvolle karakters soos die streng Suster Agnes en die geheimsinnige koster. Hierdie verhaal bied ‘n ryk blik op die lewens van … Lees meer Nuwe oggend-boekvoorlesing speel in Kalahari af
Kopieër en plaas die URL in jou WordPress webwerf om dit in te sluit
Kopieër en voeg kode tot jou webwerf in dit in te sluit