Hart- en nierversaking kan met diabetesmiddel verminder word

Meer as 60 miljoen mense in die wêreld ly aan hartversaking. Meer as 30 miljoen gaan binne 5 jaar sterf. Nuwe generasie diabetesmiddels kan nou in die behandeling van hartversaking en in nierversaking ingespan word. In deel 3 van die reeks oor Diabetes, nuwe middels en hartpropbleme, gesels Mari Hudson met dr Marius Wasserfall,  ’n internis, oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes en ook in die behandeling van hartversaking en nierversaking. Die middels is Jardiance en Forxiga. Luister Woensdag 3 November om 11:30 na Gesondheid op RSG.   Deel 2 Nuwer diabetes middels kan hartversaking voorkom en agteruitgang van nierversaking stop. In deel 2 van die reeks oor Diabetes, nuwe middels en hartpropbleme, gesels Mari Hudson met dr Marius Wasserfall,  ’n internis, oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes. Deel 1 … Lees meer Hart- en nierversaking kan met diabetesmiddel verminder word