Herrie oor Olimpiese openingseremonie oor…niks?


Daar was ‘n behoorlike herrie ná die openingseremonie van die Olimpiese Spele in Parys. Sommige het oor heelwat dinge gemurmureer, maar was veral ontstig oor wat gelyk het soos ‘n uitbeelding van Leonardo da Vinci se beroemde skildery, Die Laaste Avondmaal, waar Jesus en sy dissipels op die oog af soos fopdossers uitgebeeld is.

Maar was dit hoegenaamd die Laaste Avondmaal wat hulle probeer wys het? Nee, sê Thomas Jolly, artistieke direkteur van die openingseremonie. Hy wou g’n skok of spot nie, en het nie eers aan die Laaste Avondmaal gedink nie maar aan die Griekse mitologie en die verbintenis met die gode van Olympus. Tog het die organiseerders dadelik hulle verskoning aangebied indien die toneel enigiemand ontstel het.

Ons praat oor misverstaande kuns met Wilhelm van Rensburg, senior kunsspesialis van Strauss & Company.