‘Om 10 ure in ‘n ongevalle-afdeling te wag, is onmenslik. Foute word begaan’


Die dood van ‘n 17-jarige Graad 11-leerder van die Paarl, nadat sy tien ure in die ongevalle-afdeling van ‘n staatshospitaal moes wag, laat baie vrae ontstaan, want haar geval is ongelukkig nie uniek nie. Word ons triage-stelsel reg toegepas? Waar sluip die foute in? Hoekom? Mari Hudson praat hieroor met ‘n traumachirurg.