Om die lewe te verlaat deur op te hou eet en drink


Die afgelope tyd is bystanddood en genadedood weer in die nuus nadat dr. Sean Davison in Brittanje in hegtenis geneem is omdat hy iemand vergesel het na Switserland wat bystanddood wou ontvang. ’n Voormalige Suid-Afrikaner wat deesdae in Nieu-Seeland woon, Aubrey Welsh, het nou die nuus in Nieu-Seeland gehaal omdat hy ‘n einde aan sy lewe wil maak deur op te hou eet en drink. Aubrey is ook ‘n voormalige kollega by die SAUK.