Onlangse Meerkat-ontdekking; Hoe sonseil-satelliete kan waarsku teen gevaarlike ruimteweer
Stefan Lotz van SANSA op Hermanus bring ons op hoogte van die jongste ruimteweer.
Ons beantwoord ’n luisteraarsvraag oor ’n onlangse Meerkat-ontdekking, en ’n soortgelyke merkwaardige ontdekking deur radioteleskope in Europa.
Die span bespreek ‘n tegniek waar sonseil-satelliete ingespan kan word as vroeë waarskuwing wanneer gevaarlike ruimteweer die aarde mag bedreig.