Ons spesiale Kersdag-rooster vir Kersdag 2024
Ons bring vanjaar weer ‘n spesiale Kersdagrooster vir ons luisteraars.
Tyd | Program | Meer inligting en aanbieder |
06:00 | Nuus en weer | |
06:10 | Monitor | |
07:00 | Nuus en weer | |
07:10 | Kersstemming | In die program, saamgestel en aangebied deur Tharien Oosthuizen, speel sy ‘n besondere verwerking van Stille Nag, jy kan ook luister na Joy to the World, ‘n Kersoverture van Nigel Hess, ‘n deel uit Camille Saint Saens se Kersoratorium, Oratorio de Noël, Opus 12. As die orrelis van die La Madeleine het Saint Saens die Kersoratorium gekomponeer in minder as tien dae, om op Kersdag 1858 vir die eerste keer gehoor te word. |
08:00 | Nuus | |
08:05 | Loof die Here | Magdaleen Kruger kies gewyde musiek met die oog op Kersdag. |
09:00 | Oggenderediens |
Die Erediens word gelei deur Dr Stephan Joubert, stigter van die e-kerk. |
09:30 | Kersversoeke aan 90 jaar en ouer | |
10:00 | Nuus | |
10:05 | Klassieke Kerskonsert | Die konsert is saamgestel deur Willem Vogel. Net na 10:00 is dit tyd vir Salon Musiek se spesiale Klassieke Kerskonsert. Die program bestaan uit orrel- en kitaarmusiek, die gewilde Pie Jesu, Ave Maria, O come ye faithful, Deck the Halls asook Holy, Holy, Holy. |
11:00 | Nuus | |
11:05 | Speellysmusiek & Kerswense van luisteraars | |
11:30 | Ons sing Kersliedere | Maar waar kom dié kersliedere vandaan, en wat weet ons van hulle? Flip Loots gesels met die gospelsanger, Louis Brittz, oor die herkoms van ‘n paar kersliedere. |
12:00 | Nic se Goed | Nic de Jager |
13:00 | Nuus | |
13:05 | Dis Gospel | Jacqui January |
14:00 | Kortom | Johan Rademan het die tafel gedek vir die volgende halfuur met twee besondere geskenke. |
14:30 | Vers en Klank | Op die spesiale uitsending van Vers en Klank lees Susanne Beyers en Pieter van Zyl vir ons gedigte voor oor die feesgety. Daar is ook pragtige sang om na uit te sien deur die Vox-kamerkoor van Pretoria, onder leiding van Franco Prinsloo.
Sophia van Taak |
15:00 | Nuus | |
15:05 | Radiodrama |
Die Ster van Bethlehem is ‘n verwerking deur Henriëtta Gryffenberg van die verhoogteks “Wagters op die mure” deur haar pa, Emil Gryffenberg. Die verhaal word vertel vanuit die oogpunt van ‘n jong, gestremde skaapwagter wat op die buitewyke van Bethlehem woon. |
16:00 | Nuus | |
16:05 | Spesiale Kerspoeding, lig Klassiek | Hierdie reeks bestaan uit ligte klassieke instrumentale musiek asook musiek uit die sogenaamde “cross-over” en jazz-genres, met hier en daar sang in die vorm van agtergrondstemme, ‘n koor of ‘n solo.
Dié musiekreeks word aangebied deur Elsje van Jaarsveld met programsamesteller en musiekregisseur, Ilse Schürmann en produksieregisseur, Wihann Nel. |
17:00 | Nuus | |
17:10 | Spesiale Kersjoernaalprogram | In die spesiale Kersfees Binnekamer: Die musikant, Neil Büchner, gesels oor die Hoop wat Kersfees bring.Dr. Dave Viljoen van die NG gemeente Kenridge gesels oor Kersfees wat oor liefde gaan—nie net in woorde nie, maar in aksie. Ds. De la Harpe Le Roux van Bloemfontein gesels oor die vredesboodskap van Kersfees Ds. Rudi Swanepoel van die Aan-die-Berg gemeente in Johannesburg gesels oor die geskenk van vreugde tydens Kersfees Die musiek in die program was “O Holy Night” van Susan Boyle, “Hoor die blye engel lied van Piet Smit en Jan de Wet en “Herders op die ope velde” van Piet Smit. |
18:00 | Nuus en weer | |
18:10 | Speellysmusiek en luisteraarsversoeke | |
19:00 | Nuushooftrekke | |
19:02 | Boekvoorlesing | |
19:10 | Aandgedagte | |
19:20 | Kinderstorie | Ons voeg binnekort meer inligting by. Estel de Beer |
19:30 | Kompas | Barrie Ferreira gesels met die ander Kompas aanbieders oor dankbaarheid in hierdie Kersuitgawe van Kompas. Hulle bespreek ook die Kers tradisies wat hulle saam met hul families volhou |
20:00 | Skrywers en Boeke | Ervaar die warmte van Kersfees met ‘n spesiale uitsending van Skrywers en Boeke, aangebied deur Ilse Salzwedel.
Luister na Johan Myburg se voorlesing van DJ Opperman se Kersliedjie, en beleef Abraham de Vries se verhaal, Kerssang by Pitlamplig, ‘n roerende blik op ‘n Klein Karoo-Kersaand. Donald W. Riekert se gedigte Kersfees en Kersfees in Ouetehuis bied ‘n ander blik op Kerstyd. Elize Bosch se ware verhaal, Kerssprokie van ‘n Stadskind, herinner ons aan hoop en liefde, en word voorgelees deur Elsje van Jaarsveld. Chris van Wyk se Snakes en Ladders vir Krismis sorg vir ‘n stukkie nostalgie. |
21:00 | Nuus en weer | |
21:10 | Laataandboekvoorlesing | |
21:20 | Musiek sonder grense (Kersfees) | Vanaand se aflewering van Musiek sonder grense het ‘n pragtige kerstema, so indien jy herhinneringe het – of jy jouself verbeel jy het ‘n wit kersfees iewers in Duitsland of selfs ‘n warm opgewekte Spaanse of Italiaanse-kersfees ingedagte gehad, maar nie dié jaar daar kon uitkom nie, dan is hierdie kersprogram spesiaal vir jou! Dis wêreld-kersmusiek op sy beste saam met Veronique van Heyningen om 21:20! |
22:10 | Jazz |
Fran-Rico Lucas |
23:00 | Tjil |